5 AUGUSTUS – 4 SEPTEMBER
Aanlyn Aansoeke open 5 Augustus 2026 en sluit op 4 September 2026. Moet asb nie uitstel nie.
5 AUGUSTUS – 11 SEPTEMBER
Ouers laai stawende dokumentasie elektronies op OF handig dit direk in by skole waar aansoek gedoen is (binne 7 dae).
5 AUGUSTUS – 18 SEPTEMBER
Skole verifieer dokumente, verskaf bewys van ontvangs van dokumente aan ouers en dateer die dokumentstatus op die stelsel op.
16 SEPTEMBER – 18 SEPTEMBER
Skole stuur die afgetekende aanlyn waglyste elektronies deur na die Departement van Onderwys vir verifiëring en goedkeuring.
16 SEPTEMBER – 9 OKTOBER
Die Departement van Onderwys verseker die gehalte van waglyste in lyn met toelatingskriteria en beskikbare ruimte by skole en teken waglyste elektronies af.
12 OKTOBER – 14 OKTOBER
Skole ontvang elektronies getekende plasingslyste terug vanaf die Departement van Onderwys om te besigtig voor plasing en te aanvaar.
15 OKTOBER – 30 OKTOBER
Ouers ontvang SMS’e rakende suksesvolle en onsuksesvolle aansoeke.
Ouers aanvaar / verwerp aanbiedings vir plasing binne 7 (sewe) skooldae.
VANAF 2 NOVEMBER
Ongeplaaste leerders, wat binne die aansoektydperk aansoek gedoen het, word deur die Departement van Onderwys by skole geplaas waar daar nog spasie beskikbaar is.
Kontak gerus vir Me. A. Areytenbach indien u enige verdere navrae het (012) 548-0160 of admin@hsmontana.co.za.